’n Weekdagtuiste weg van die huis
Die koshuis bied aan geskikte leerders ’n veilige, gestruktureerde en vriendelike weekdagomgewing. Daaglikse roetines moedig selfstandigheid, inisiatief, selfdissipline, respek en verhoudings oor verskillende agtergronde heen aan.
