Opvoedkundige en emosionele ondersteuning
Opvoedkundige Sielkunde help leerders om struikelblokke wat leer, aanpassing en welstand beïnvloed, te verstaan en te bestuur. Ondersteuning is korttermyn en skoolgerig; leerders wat intensiewe of gespesialiseerde geestesgesondheidsorg benodig, word na ’n toepaslike professionele persoon verwys.
- Korttermyn individuele intervensie
- Trauma-ontlonting en berading
- Skoolgereedheids-, intellektuele en skolastiese assessering
- Aansoeke vir toets- en eksamenakkommodasies
- Ouerleiding, werkswinkels en professionele verwysings
